-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
AfriForum het sy gewig agter groepe gegooi wat ontwikkeling in die Nyl vloedvlakte teenstaan en is nou besig met ‘n veldtog om steun te werf om mynbou en ander ontwikkeling in dié gebied te keer.
Die Nylsvley-vleiland is ‘n internasionaal-beskermde gebied naby Modimolle wat sowat 370 voëlsoorte huisves. Meer as 80 000 voëls is al hier opgemerk. AfriForum het ‘n veldtog begin nadat dit bekend geword het dat ‘n oopgroef-platinummyn hoër op in die vloedvlakte beplan word.
Julius Kleynhans, AfriForum se hoof van omgewingsake, sê ? ontwikkeling soos hierdie sal rampspoedige gevolge hê. "Ons kan nie bekostig dat hierdie unieke en kosbare vleilandgebied deur mynboubedrywighede of ander ontwikkeling versteur of vernietig word nie. Almal behoort beswaar te maak teen toekomstige ontwikkeling wat ? negatiewe impak op die onvervangbare Nylsvley-ekostelsel kan hê."
Kleynhans sê AfriForum en die aksie-groep, Vriende van Nylsvley, is baie bekommerd oor die impak van ? myn op die omgewing se sensitiewe ekostelsel. Die ekostelsel, wat die habitat is van verskeie inheemse en rooidatalysspesies, staar nou vernietiging in die gesig.
Die Nylsvley-vloedvlakte is ? RAMSAR-gebied. RAMSAR is die konvensie oor vleilandgebiede wat in 1971 in Ramsar, in Iran onderteken is. Dit is ? interregeringsooreenkoms wat die raamwerk daarstel vir nasionale optrede en internasionale samewerking vir die bewaring en behoorlike gebruik van vleilandgebiede en die hulpbronne daarin.
AfriForum-verteenwoordigers het tydens die Windpompfees op Donderdag, 21 Maart vir 24 uur lank sonder water gebly uit protes teen die mynontwikkeling wat volgens hulle, nie net die vleilandgebied gaan verwoes nie, maar ook die omliggende woongebied met ? watertekort sal laat.
Volgens Philip van Staden, voorsitter van AfriForum se Naboomspruit-tak, sit die gemeenskap reeds met ? groot watertekort en só ? mynontwikkeling gaan net meer probleme veroorsaak. Kenners het aangedui dat die beoogde myn 3 dorpe se water sal gebruik.
AfriForum doen 'n beroep op die gemeenskap om beswaar te maak teen die beoogde ontwikkeling. Onderteken die versoekskrif by www.groenforum.co.za of SMS die woord "groen" na 38655. SMS'e kos R10.
0 Comments