<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Raad weet glo niks van reuse daggaplant

 
News : 19 Apr 2013 172 Viewed By NoordNuus reporter 0

Iewers op die ashoop sit daar hierdie week 'n mistroostige daggaroker of twee nadat die Mogalakwena munisipaliteit hierdie week 'n yslike daggaplant van die plaaslike stortingsterrein verwyder het. 'n Inwoner het die plant onlangs onder Noordelike Nuus se aandag gebring. 'n Plaaslike prokureur het ons meegedeel dat die eienaar van 'n perseel, in hierdie geval die munisipaliteit, in groot moeilikheid kan kom as daar bewys kan word dat die eienaar bewus is van die plant. Munisipale woordvoerder, Malesela Selokela, sê egter die munisipaliteit was nie bewus van die plant se bestaan nie. Dit mag so wees, maar die daggaplant se takkies is kaalgepluk deur iemand wat baie bewus daarvan was. Die plant is hierdie week deur die munisipaliteit verwyder en vernietig kort nadat hierdie foto van gemeenskapsdiensbestuurder, George Matabane en sy span saam met die tamaai plant geneem is.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube