<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Debatspanne van EHS kan redeneer

 
News : 25 Apr 2013 151 Viewed By NoordNuus reporter 0

Vier debatspanne van Ellisras Hoërskool het Donderdag in Mookgophong (Naboomspruit) aan die eerste streek uitdunne vir die ATKV debatskompetisie deelgeneem. Drie van die spanne het deurgedring na die semi-finaal in Junie in Rustenburg.
Barbara Emslie, Tanya van Zyl en Francois Shaw (juniors) het hul debat met die onderwerp Die Suid-Afrikaanse polisiediens is in staat om sy burgers voldoende te beskerm, gewen.
Nandri de Beer en Anlu Coetsee (seniors) het ook as wenners uit die stryd getree. Hulle onderwerp was Suid-Afrika beskik nie oor die kapasiteit om werk te verskaf aan die bevolking sodat die gemeenskap in sy geheel ‘n menswaardige bestaan kan voer nie. Julia Kruger en Wernand Pretorius moes weer redeneer dat Suid-Afrika wel oor die kapasiteit beskik. Hulle is ook deur na die semi-finaal.

Foto
Anlu Coetsee en Nandri de Beer.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube