<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Krugie winterdrag lyk nou so

 
News : 25 Apr 2013 194 Viewed By NoordNuus reporter 0

Vanaf 2 Mei is dit amptelik winter by Laerskool Krugerpark en moet die leerlinge begin winterdrag dra. In hul strewe na dissipline en eenvormigheid wil die skool se personeel en beheerliggaam die skooldrag oor die volgende vier jaar wysig sodat daar duidelike onderskeid tussen sport- en skooldrag sal wees.
Intussen is die volgende uniforms vir minstens nog twee jaar aanvaarbaar en moet dit as volg gedra word:
Meisies (sien foto) kan die blou skoolrok saam met lang seunskouse en swart skoolskoene as winterdrag dra. Daarmee saam kan hulle 'n skooltrui, moulose skooltrui of skool sweetpakbaadjie dra. (Geen lang swart of blou broekie-kouse nie.)
Die meisies wat eerder langbroeke wil dra, kan die blou skoollangbroek saam met 'n blou seunshemp en skoolskoene dra saam met dieselfde trui of baadjie-opsies as reeds genoem.
Seuns (sien foto) kan 'n skoollangbroek of kortbroek dra saam met 'n skooltrui, moulose skooltrui of skool sweetpakbaadjie. Hulle kan ook 'n volledige sweetpak met die blou skoolhemp dra.
Beide seuns en meisies magdie skool windjakkers (dikker sweetpakbaadjies dra). Die skool sal verkies dat kinders nie meer seilskoene dra nie en dit sal mettertyd nie meer toegelaat word nie.
Die gholfhemde word nie as skooldrag beskou nie en mag slegs by sportgeleenthede gedra word. Die skool wys ook daarop dat die skoolsweetpakbroeke vanaf aanstaande jaar nie meer as skooldrag toegelaat sal word nie en dan net as sportdrag beskou sal word.
Die sweetpakbaadjie saam met 'n blou hemp en skoollangbroek sal egter steeds as wintersdrag aanvaar word. Vir alle veranderinge in skooldrag sal daar 'n twee-jaar oorbruggingstydperk wees.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube