-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Met herfs wat reeds by die voordeur ingesluip het, is die Vrouelandbou-unie se Skemertak gereed vir ‘n warm snoesige winter!
Die Skemertak in Ellisras nooi dus alle vroue, jonk en oud, uit na hul samekomste wat propvol interessante demonstrasies en inspirende inligting is. Die volgende saamtrek word op Saterdag, 27 April omstreeks 09:00 by Hermanstraat 44 gehou.
Daar gaan gehekel word. Bring 3mm hekelpenne en 4draad wol en kom kuier saam oor ‘n koppie koffie. Op 14 Mei word ‘n sop-aand om 19:00 beplan. Die geselligheid word weer by Hermanstraat 44 gehou.
Riana Bronkhorst van KANSA Lephalale sal die gasspreker wees. Sy gaan onder meer oor ‘n KANSA projek gesels wat vir 16 Augustus beplan word. Denise Fourie gaan ‘n kreatiewe demonstrasie gee. Diegene wat ‘n lekker sopresep het, is welkom om dit saam te bring.
Lede wat nog nie hul lidmaatskapgeld betaal het nie,word herinner om dit saam te bring. Vir nadere inligting kan Madelein by 082 326 7308 gebel word.
0 Comments