<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Kobus Vreugdenburg

 
News : 25 Apr 2013 265 Viewed By NoordNuus reporter 0

Kobus Vreugdenburg
22 Augustus 1986 – 7 April 2013
Stil en sonder afskeid is jy weg.  Sonder om te groet.  Op 26 jaar, 7 maande en 16 dae is jy van ons weggeneem.  Die nuus van jou motorongeluk het ons verslae gelaat.  Met skok en ongeloof het ons die bevestiging van die Brigadier gekry.  Jy is weg! Vir altyd!
Ons weet egter dat jy by Jesus se voete sit.  Jy sal nie met ons wil plekke ruil nie.
Jy was ‘n mens wat gou in iemand se hart kon inkruip.  Altyd gewillig om te help.  Niks was ooit te veel vir jou nie.  Jou sêgoed en mooi maniere sal ons altyd bybly.  Jy het soveel mense se lewens aangeraak.  Daarvan het jou reuse begrafnis getuig!
Jy het voluit gelewe.  Jy was ‘n voorbeeld vir ons almal. Jy het soveel potensiaal gehad en was op die punt om bevorder te word.  Ons is trots op jou.
Ons sê dankie aan ons Hemelse Vader vir die tydjie wat jy aan ons geleen was.  Dit was kosbaar!
Graag wil ons dankie sê aan Civcon vir al die reëlings en ondersteuning.  Ds Coenraad Strydom vir die reëlings by Doves en die Stadsraad terwyl ons in Mthatha  was, asook die ongelooflike ondersteuning die week.  Nederduitsch Hervormde Gemeente Onverwacht dankie vir al die ondersteuning.  Dankie vir almal wat etes voorsien het.  Aan al die vriende en die die hele Ellisras gemeenskap : julle ondersteuning, oproepe, sms’e en bemoediging is vir ons goud werd.
Van: Jan, Annelie, Lorraine, Tas, Nicolene en kinders.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube