-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die Boererumoer wat Saterdag deur die Hervormde Kerk Ebenhaeser in Lephalale aangebied is, was ten spyte van die baie reën en uitstel van Steve Hofmeyr se vertoning steeds ‘n groot sukses.
Hofmeyr se optrede is weens die reën en modder uitgestel na Vrydag, 14 Junie. Die kleinspan kon egter steeds na Tjif en Tjaf luister. Die babervangkompetisie kon ook voortgaan en JP Bezuidenhout is met ‘n tyd van twee minute amptelik as die vinnigste Baber-met-kaalhand-vang-kampioen aangewys.
Die groot prys, ‘n Simmentaler stoetbul en vyf verse is deur Ansie Pretorius gewen. Die organiseerders bedank almal wat die dag ondersteun het.
Hou gerus die koerant dop vir meer inligting oor Hofmeyr se optrede of bel Rita Kern by 083 328 4465.
0 Comments