-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
‘n Jong perderuiter van Lephalale wat onlangs by die SA Perderuiter vereeniging se ruiterkompetisie drie eerste plekke behaal het se seisoen is hierdie naweek skielik beeindig toe hy met sy motorfiets geval en sy been gebreek het.
SW Liversage (14), ‘n leerder van Ellisras Hoërskool het op 13 en 14 April onder meer die Showjumping, Phase 2 en Working Hunter afdelings van die kompetisie gewen. In van die ander afdelings het hy ‘n tweede, vyfde en sesde plek behaal.
SW vertel dat hy op nege-jarige ouderdom begin perdry het en dat dit sy droom is om soos sy held Mark Todd, eendag proffesioneel deel te neem. Voor die ongeluk het hy na skool ure met sy perd Amri geoefen. Hy was ook verlede jaar deel van die Limpopo span en het in die SA’s ‘n 13de plek behaal. S.W sou in Mei aan ‘n perderuiterkompetisie in Bela-Bela deelgeneem het maar weens die breek sal hy vir ten minste die volgende drie maande nie kan oefen of deelneem nie.
0 Comments