<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Maak seker van waardasies

 
News : 25 Apr 2013 176 Viewed 0

Huiseienaars in Lephalale het tot Dinsdag kans om vertoë te rig teen die munisipale waardasie van hulle eiendomme. Waardasiesyfers is beskikbaar op www.lephalale.com onder policies and documents.
Die prinsipaal van Remax in Lephalale, Margie Geyser, sê dit is belangrik dat huiseienaars weet wat die waardasie van hulle eiendom is. Sou die waardasie te laag wees bv. R800 000 en die huis verkoop uiteindelik vir 1,2 miljoen is die kapitaal winsbelasting baie hoog. Sou die waardasie te hoog wees, sou dit beteken dat die huiseienaar te veel eiendomsbelasting betaal. Margie raai eienaars aan om ‘n mark waardasie deur ‘n huisagent te laat doen. “Remax doen gratis waardasies wat die eienaar in staat sal stel om te weet of die munisipale waardasie realisties is al dan nie.”
Om vertoë te rig moet huiseienaars ‘n vorm wat by die munisipaliteit beskikbaar is, voltooi en voor of op Dinsdag 30 April inhandig.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube