-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Botshelo Letlabola
Klein Nikita Swart is 'n pragtige 10-maande oue baba dogtertjie wat van geboorte af met 'n hartdefek gediagnoseer is. Die defek wat “Glenn shunt” genoem word, is ook bekend as die “blou baba” effek en beteken dat die hart nie in staat is om voldoende bloed na die liggaam of longe te pomp nie.
Nikita gaan in Oktober vir 'n ope-hart operasie en haar ouers vra die gemeenskap om te help om geld in te samel aangesien 'n groot deel van die mediese onkostes nie deur hul mediese fonds gedek sal word nie.
Nikita se ma, Maureen Swart, sê dat alle gelde wat ingesamel word vir Nikita se mediese kostes gebruik sal word.
Intussen is daar 'n spesiale gholfdag ten bate van Nikita gereël by die Kameeldoring Buiteklub in Mokopane op 18 Mei 2013. Die inskrywingsgelde beloop R170 per speler en dit sluit 'n ete in. Deelname is in spanverband en elke span moet uit vier spelers bestaan. Sake-ondernemings word ook uitgenooi om 'n putjie te borg teen R200 elk - hier kan hulle hul besigheid adverteer en iets te ete en te drinke aan die spelers voorsien.
Gelukkig trekkings sal gehou word en daar is pryse vir die wenners.
Die hele Mokopane gemeenskap word uitgenooi om deel te neem en hul ondersteuning vir Nikita te kom wys. Vir enige verdere navrae oor die gholfdag bel gerus vir Nan by 082 444 5263, of Ilana by 084 036 8144.
0 Comments