<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Elri is haar vingertjie kwyt

 
News : 25 Apr 2013 270 Viewed By NoordNuus reporter 0

Klein Elri Erasmus van Lephalale wat twee weke gelede haar vinger in ‘n waaier bykans afgesny het, is Dinsdagoggend weer in die hospitaal in Mokopane opgeneem waar haar vingertjie later geamputeer is.
Dit volg nadat die vinger in Ellisras Hospitaal geheg is en dit aanvanklik gelyk het of daar wel lewe in die vingertjie is. Elri se ma, Ria, vertel dat hulle baie dankbaar is teenoor die personeel van Ellisras Hospitaal wat Elri versorg het toe sy aanvanklik daar opgeneem is.
“Dr. Ramano het sy bes gedoen om die vinger te red en toe sy na drie dae uit die hospitaal ontslaan is het X-strale gewys dat die beentjie perfek in lyn is en besig is om te heg. Daar was ook lewe in die vinger. Ons moes die week teruggaan om die steke uit te haal en ‘n dokter daar het ons dadelik na ‘n ortopeet in Mokopane verwys. Hy het gesê die vinger sal moontlik geamputeer moet word.”
Noordelike Nuus het met Ria gesels net voor hulle konsultasie met die ortopeet en hulle was vol hoop dat die vinger gered sou kon word. Daar is egter later verneem dat die vinger wel geamputeer moes word en klein Elri is by die Mokopane hospitaal opgeneem vir die prosedure. Die moontlikhede van ‘n prostese vir die linker ringvinger word tans ondersoek.
Wat het gebeur?
Klein Elri vertel sy wou haar nefie wys dat ‘n waaier gevaarlik is en dat sy handjie baie maklik deur die gleufies kan gly. Met die demonstrasie het haar eie handjie gegly en is die vinger erg beskadig.
Fondse word tans ingesamel vir die mediese koste en indien iemand ‘n bydrae wil maak is die bankbesonderhede:

ABSA Lephalale R. Erasmus
Spaar rekening
Rek nr. 9252865950
Ref – Eri se vinger

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube