-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die gesegde ‘’n boer maak ‘n plan’ kry nuwe betekenis as jy die mense van De Hoek ontmoet. Hierdie inwoners en eienaars wat in die Baviaanshoek omgewing net buite Lephalale woon en boer spring sommer self in as paaie geskraap of brue herstel moet word. Die de Hoek gemeenskapsforum sê hulle het ‘n goeie verstandhouding met die paaie department en het in 2008 toestemming gekry om te help met die onderhou van die Witkoppad wat hulle eiendomme met die dorp verbind.
Dit is ook waarom die gemeenskap nie geskroom het om hand by te sit om die brug binne D’Nyala wat gebruik word as alternatiewe roete en kortpad na die dorp te herstel nie.
Met die baie reën in November verlede jaar het ‘n gedeelte van die brug weggespoel en moes inwoners sedertdien 8 km verder grondpad ry om by die dorp te kom. Met die bystand van die gemeenskap en bydraes van o.a. Ellisras Bou en Hardeware en Dr. Werner Emslie kon die eerste motors reeds Sondag weer oor die brug ry. Die wat betrokke was by die projek het gevra dat Gerhardus van Deventer in besonder bedank word vir sy harde werk, nie net met die brug nie, maar ook die onderhoud van paaie.
Inwoners vertel dat die brug in die 1940’s net ‘n driffie was waardeur ossewaens en muilkarre kon ry. Die eerste sement is in die laat sestigs gegooi. Die brug is al telke male herstel en daar is besluit om hierdie jaar groot pype te gebruik om te verseker dat die water deur en nie oor die brug vloei nie.
Indien enige iemand ‘n bydrae wil maak vir die onderhoud van die brug kan Jenny geskakel word by 014 763 8432.
0 Comments