-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Burgerregte organisasie AfriForum het hierdie week gewaarsku dat die Grondwetlike Hof se uitspraak oor die onteiening mineraalregte sonder vergoeding 'n voorsmakie kan wees van wat die regering met grondregte beplan.
Die Grondwetlike Hof het verlede Donderdag uitspraak gelewer in die mineraleregtesaak tussen Agri SA en die regering. Agri SA se aansoek het ten doel gehad om vergoeding te bekom vir eienaars wie se mineraleregte in 2003 sonder vergoeding onteien is. Die Hof het egter die aansoek van die hand gewys.
In sy uitspraak het hoofregter Moegeng Moegeng daarop gewys dat hoewel daar geargumenteer kan word dat grondeienaars se mineraleregte onteien is, die publiek se belang in mineraleregte swaarder weeg as eiendomsreg. Die Hof het bevind dat die Staat nie eienaarskap nie, maar wel rentmeesterskap oor mineraleregte in Suid-Afrika bekom het. Moegeng het daarop gewys dat indien die applikant die bedoeling gehad het om minerale te ontgin, daar ? moontlikheid vir vergoeding sou wees.
Johannes Möller, voorsitter van Agri SA het na die uitspraak aan die media gesê: “Alhoewel dit wat ons beskou as onteiening van minerale regte verskillend gesien word deur die Grondwethof, respekteer ons die uitspraak van die hof as die toppunt van wetlike gesag in die land.”
In sy reaksie op die uitspraak sê TLU SA se President, Louis Meintjes dat die uitspraak ‘n gevaarlike presedent kan skep. “Die feit is dat grondeienaars hulle eiendomsreg oor minerale regte verloor het sonder dat hulle vergoeding daarvoor ontvang het. Hierdie uitspraak kan wetgewers die indruk gee dat hulle ook ander wette kan skep of wysig wat enige vorm van eiendomsreg kan ontneem sonder vergoeding. Met die sprake van ’n nuwe Onteieningswet, is ons hoogs bekommerd oor hierdie uitspraak. Ons verwag dat dit ook gewis ’n baie nadelige uitwerking sal hê op beleggersvertroue,” meen Meintjes.
In 'n mediaverklaing sê AfriForum gegewe die Groenskrif op Grondhervorming asook die nuut voorgestelde Onteieningswet, is dit waarskynlik dat die staat nou gaan poog om ook rentmeesterskap oor grond te bekom. Die nuwe Onteieningswet, wat tans beskikbaar is vir openbare insette, bepaal dat grond (wat as mineraal herklasifiseer word) in openbare belang onteien kan word. Ingevolge hierdie voorgestelde wetgewing is grondhervorming en gelyke toegang tot hulpbronne in die openbare belang en weeg dit swaarder as eiedomsreg. Die Groenskrif op Grondhervorming stel ook ? gebruik-dit-of-verbeur-dit-regime ten opsigte van grond in.
0 Comments