<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Maatskappy kyk na landelike veiligheid

 
Wayne Derksen.
News : 06 May 2013 195 Viewed By Valerie Cilliers 0

Besigheidsmanne lê in die aande wakker oor begro-tings, debiteure en krediteure, maar boere in ons omgewing wonder elke aand of hulle vanaand veilig in hulle eie huise gaan wees.”
Só het Wayne Derksen (foto), uitvoerende bestuurder van Molalatau Sekuriteit (MS), tydens die landelike veiligheidsvergadering verlede Donderdag in Lephalale gesê.
MS het met ‘n plan vorendag gekom om plase in die omgewing deur middel van dataversameling, plaaspatrollies en 24-uur krisisbeheer te beveilig en dit aan die lede van die vergadering voorgelê. Wyksleiers van Argi-Lephalale en die Ellisras DLU is gevra om boere in te lig oor die voorgestelde plan. Derksen het gesê hulle gaan poog om ‘n patrollievoertuig vir elke 50 plase beskikbaar te stel, maar dat elke gebied uniek is en dat die plan volgens unieke behoeftes aangepas kan word.
Volgens Derksen wys inligting wat ingewin is plaasaanvallers is dikwels goed opgelei en ingelig oor hulle teikens. “Ons is besig om ‘n taakspan  wat uit voormalige polisie taakmaglede bestaan op die been te bring. Die taakspan sal met die hulp van gevorderde tegnologie plase weekliks kan patrolleer en beveilig,” het hy gesê. Vir meer inligting bel Henk du Plessis by 073 987 3175.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube