<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Te veel vakansie?

 
News : 06 May 2013 363 Viewed By NoordNuus reporter 0

Dit is nie net die petrolprys wat hierdie week gedaal het nie. Die status van sekere vakansiedae het ook onder die vergrootglas gekom en dit wil voorkom of Versoeningsdag (16 Desember), Welwillendheidsdag (26 Desember) en Gesinsdag (die eerste Maandag na Paasfees) dalk iets van die verlede kan wees.
Dit volg nadat die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe  in ‘n verslag aan President Jacob Zuma voorge stel het dat tot drie van die 12 vakansiedae op die Suid-Afrikaanse kalender moet wegval .
Die ondersoek het gevolg nadat klagtes vanaf die sakegemeenskap en godsdiensgroe-pe oor vakansiedae ontvang is. Daar is veral gelet op klagtes dat net sekere godsdienste se belangrike dae in die Suid-Afrikaanse kalender erken word. Verhore is in al nege provinsies gehou voordat die verslag hierdie week ingedien is.
Een van die voorstelle is dat ‘n Maandag nie meer as ‘n vakansiedag gereken sal word as die vakansiedag op ‘n Sondag sou val nie. Dit word ook oorweeg om sommige vakansiedae net halfdag-vakansiedae te maak. Daar word ook nou ondersoek ingestel om Werkersdag (1 Mei) en Vrouedag (9 Augustus) te skrap.
Noordelike Nuus wou by gemeenskapsleiers in Lephalale en Mokopane weet hoe hulle oor die voorstelle  voel.
Sonja van Deventer, adjunkhoof by Laerskool Bosveld Primary, sê die skool was te bly oor die afgelope week se vakansiedag. Ons het besluit om die dag te gebruik vir beeldbou by die skool en het dus Woensdag ‘n baie suksesvolle “Just for Fun” dag aangebied. Natuurlik verloor kinders werk gedurende vakansiedae, maar ons poog altyd om die werk in te haal en die dae ten bate van die leerders en die skool te benut.
Voorsitter van die Lephalale sakekamer, Wayne Derksen, sê hy verwelkom die moontlikheid dat daar voortaan minder vakansiedae sal wees. Vakansiedae is nie voordelig vir besigheid nie aangesien ‘n bedrywige program dikwels in die middel van die week onderbreek word. “Ons verwelkom die kommitee se aanbeveling dat daar minder vakansiedae in Suid-Afrika sal wees. Dit gaan ons ekonomie baie baat.”
Jas Hansen, skoolhoof van Hoërskool Piet Potgieter, sê daar is te veel vakansiedae. Werkersdag kan maar wegval en Vrouedag kan saam met Jeugdag gevier word. “Werkersdag dien geen doel nie. Dit val vandeesweek in die middel van die week en het ‘n gewel-dige invloed op skole, want ouers maak ‘n langnaweek daarvan en dan mis die leerders twee dae se skoolwerk.”
Hy meen egter godsdiens en kultuur vakansiedae moet bly. “Om die dae weg te vat gaan ‘n mens net die kultuurgroepe kwaad maak. Vakansiedae soos Paasdag en Goeie Vrydag is belangrik.” Die toerisme- en voedselbedryf baat by die baie vakansiedae sê Jeanette van der Merwe, restaurant-eienaar in Mokopane. Meer mense besoek haar restaurant in die tye en baie mense maak ‘n langnaweek rondom die vakansiedag wat tot voordeel van die land se toerismebedryf is. Sy glo egter vakansiedae moet ‘n historiese waarde hê.
Jeanette sê daar is ook heelwat nadele. Hoewel sy haar werknemers dubbel betaal, is hulle traag om te werk en baie van hulle het ook probleme met vervoer en moet soms etlike kilometers stap om te kom werk.
“’n Mens moet baie goed vooruit beplan om te sorg dat jy die nodige voorraad het. Verskaffers hou nie altyd by roetine nie en winkels is gewoonlik toe wat dit moeilik maak om vinning voorraad te kry.”
Andy Goetsch, voorsitter van die Gemeenskapspolisiëringsforum en sakekamerbe-stuurslid, meen dit is goed as van die vakansiedae wegval. “Ons moet besef ons moet hard werk en produktief wees. Wanneer ‘n vakansiedag byvoorbeeld op ‘n Woensdag val, is mense nie so produktief nie en dit beïn-vloed die ekonomie.”
Korny Dekker, Demokratiese Alliansie-lid, sê uit ‘n persoonlike oogpunt is daar hopeloos te veel vakansiedae.
“’n Mens besef dit as jy jou eie besigheid het. Dit is veral ‘n probleem wanneer dit op ‘n Sondag val en Maandag word dan ook sommer ‘n vakansiedag. Te veel vakansiedae sorg dat mense onproduktief is. Godsdiens en kultuur vakansiedae behoort egter gerespekteer te word.”

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube