-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Twee van die vier graad 6 leerders wat verlede Woensdag vanuit die distriks-suidkringuitdunne in Warmbad deurgedring het na die Limpopo ATKV redenaars, is van Lephalale.
Natalie Perrier van Laerskool Bosveld
Primary het in haar voorberei-de toespraak gepraat oor geld en Lané Kaiser van Laerskool Ellisras oor rekenaargeletterheid. Die deelnemers het daarna 40 minute kans gehad om ‘n onvoorbereide toespraak te skryf. Hulle moes besluit of kinders van vandag nog maniere het, al dan nie. Albei was volgens hulle onderwysers puik in veral die onvoorbereide afdeling wat 70% van hulle totale punt getel het.
Nog 'n begaafde spreker is Lané se sussie, Christi Kaiser wat in die ouderdomsgroep graad 1-3 slegs een van sewe redenaars is wat deurgedring het na die Limpopo rondte wat 31 Mei in Polokwane gehou word.
Noordelike Nuus wens hulle sterkte toe.
0 Comments