-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Moedersdag is om die draai en die winkels in Mokopane en Lephalale is propvol oulike geskenk idees. Hierdie spesiale dag waarop alle ma’s bederf kan word, word elke tweede Sondag in Mei gehou. Vanjaar word
Moe-dersdag dus op 12 Mei gevier.
Moedersdag is ingestel om ma’s kans te gee om op die dag hulle huistake eenkant toe te skuif en deur hul gesinne of familie bederf te word, hetsy met ‘n lekker ontbyt vroegoggend, ‘n piekniek of uiteet in ‘n restaurant. Baie ma’s word ook bederf met ‘n bos blomme, sjokolade of ‘n geskenk .
Die datums waarop die dag gehou word, verskil in die verskeie lande. Nederland en België vier dieselfde dag as ons Moedersdag. In Spanje is Moedersdag gewoonlik die eerste Sondag van Meimaand en in Frankryk word die dag eers die laaste Sondag van die maand gevier.
Volgens navorsing is die eerste Moedersdag op 10 Mei 1908 vir die eerste keer gehou. Die viering van die dag is glo deur Anna Jarvis, ‘n Amerikaanse vrou van Philidelphia, begin. Sy wou haar geliede ma wat in 1905 dood is, vereer.
Anna se ma – Anna Jarvis senior - was ‘n toegewyde Sondagskool-onderwyseres en in daardie dae het sy moedervriendskapsdae begin hou.
Dit het waarskynlik haar dogter aangespoor om met ‘n spesiale dag na vore te kom na haar dood. In 1907 het Anna met ‘n veldtog begin en selfs die ondersteuning van predikante, sakemense en die Amerikaanse Kongres vekry om Moedersdag te vier.
Anna het die hoop uitgespreek dat so ‘n dag kinders sal laat besef hulle moet respek hê vir hul ouers en ook familiebande sal smee.
In Griekeland is daar elke jaar ‘n lentefees gehou wat Rhea, die moedergodin,
vereer het, terwyl daar in die kerke in Engeland
Moederssondag in die vastyd gehou.
President Woodrow Wilson het in 1913 Moedersdag tot ‘n amptelike vakansiedag in Amerika geproklameer.
0 Comments