-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Charmaine Lourens (charmaine@noordnuus.co.za)
Die Mokopane Gmeenskapspolisi?rings-forum (GPF) se dwelmveldtog het Maandag by die Gwenane High School in Sekgakgapeng afgeskop, waarna Hoërskool Piet Potgieter aan die beurt gekom het. Andy Goetsch, voorsitter van die GPF en Madalein Koekemoer het die kinders daarop gewys hoe maklik dit is om in ‘n dwelmnetwerk ingetrek te word.
Dr. Lourens Fourie, ‘n dwelmkenner van Mosselbaai, het aan die graad 10 leerders ‘n video gewys om hul bewus te maak van die gevare van dwelms. Die leerders kon kyk en luister hoe jong mense deur Nigeriese dwelmhandelaars misbruik is en watter soorte dwelms in die mark is.
Die meeste van die jong vroue word eers afhanklik gemaak van die dwelms en dan moet hulle as prostitute werk om geld te kry om hul dwelms te koop.
Goetsch het aan die leerders vertel dat die Polisie onlangs ‘n groep jong mense in die omgewing vasgetrek het wat betrokke was by verskeie huisinbrake.
Die diefstalle is gepleeg om geld in die hande te kry om dwelms te koop.
Daarna het Madaleine vir die kinders vertel hoe ‘n familielid van haar betrokke geraak het by dwelms en hoe maklik dit vir dwelmhandelaars is om jong mense deur die sosiale media soos die internet en selfone te teiken. Sersant Caroline Mashala van die Polisie is ook aan die leerders voorgestel. Sy en Madalein is ter enige tyd beskikbaar om leerders by te staan wat probleme het, het Goetsch gesê.
Die dwelmveldtog-verteenwoordigers gaan nog tot 10 Mei aandoen by die ander ho?rskole in die omgewing.
0 Comments