<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Pippie se verhaal gepen

 
Anice en Pippie Kruger.
News : 10 May 2013 433 Viewed 0

Pippie Kruger wat Oujaarsaand 2011 by haar ouerhuis in
Lephalale erg gebrand het, en wie se moedige stryd om oorlewing die verbeelding van mense wêreldwyd aangegryp het,  se verhaal sal September vanjaar in boekvorm verskyn.
Haar ma, Anice, het hierdie week opgewonde aan Noordelike Nuus gesê sy het eintlik nie woorde om te beskryf hoe sy voel oor die verwesenliking van hierdie droom nie.
“Dit was baie harde werk en soms baie emosioneel om die gebeure tydens en na die ongeluk te onthou en neer te pen.”
Die boek, wat Anice saam met joernalis, Colleen Naudé, geskryf het, is  getiteld Pippie en beslaan 300 bladsye . Dit vertel die verhaal van Pippie se ongeluk en lang pad na herstel uit Anice se eie mond. Daar is ook 16 bladsye vol fotos wat nog nooit gepubliseer is nie.
Die uitgewer is CUM boeke en die boek verskyn Maandag
2 September in boekwinkels landwyd.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube