-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Ellisras Laerskool het hierdie week meer as R7 000 vir Kansa ingesamel! ‘n Muntlegging en kompetisie om te sien watter graad die meeste kon insamel is Maandag by die skool gehou. Dit was die Graad 4’s wat gewen het en beloon is met ‘n heerlike stuk sjokoladekoek vir pouse.
Marika van Zyl van Kansa Lephalale het die hoof en personeel bedank vir hulle positiewe gesindheid en dat hulle altyd bereid is om te help waar hulle kan. ‘n Spesiale dank het ook gegaan aan Anita Erasmus wat namens die skool al die reelings getref het.
Drie kanker ‘survivors’, Hantie Bekker, Hester Kotze en Santa Steyn (‘n onderwyseres by Ellisras Laerskool), het saam met Kansa se Toktokkie die dag saam met die kinders geniet.
0 Comments