-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Dit is weer tyd vir die jaarlikse hondsdolheid inentings.
Inentings is verpligtend en alle honde en katte bo die
ouderdom van drie maande moet elke jaar ingeënt word.
Hondsdolheid is ‘n gevreesde virus siekte wat dodelik is vir mens en dier. Die enigste manier om u huisgesin teen diè gevreesde siekte te beskerm is om seker te maak dat alle
honde en katte op u eiendom se inentingstatus op datum
gehou word.
Gedurende 2009/2010 het daar reeds 40 positiewe hondsdolheid gevalle in Limpopo voorgekom. In 2011 was daar uitbrake van hondsdolheid so naby as 15km buite Mokopane waarin ses beeste dood is en honde, sowel as mense daarmee in aanraking was. Deur positiewe reaksie en samewerking is 2 898 honde/katte gedurende 2012 in Mokopane geënt teenoor 1 647 in 2010 en 1 709 in 2011. Om u en u huisgesin te beskerm gaan beamptes van Veeartsenydienste gratis inentingsklinieke in Mokopane en Mookgophong hou.
0 Comments