-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Charmaine Lourens (charmaine@noordnuus.co.za)
Iewers in die dorp is daar ‘n sindikaat wat wag dat jy jou motor met ‘n afstandbeheer sluit en goedgemoeds wegstap sonder om aan die deurhandvatsel te voel of dit gesluit is.
Die diewe hou jou fyn dop en sorg dat jou afstandbeheer nie geaktiveer word as jy dit met die wegstap druk sonder om na te gaan of die deur wel gesluit is nie. Dit is dan wanneer hulle toeslaan op die geld en goedere in jou motor.
Andy Goetsch, voorsitter van die Gemeenskapspolisi?ringsforum (GPF) in Mokopane, het Dinsdag tydens ‘n verga-dering vertel van so ‘n voorval in die dorp. Hy het motoriste gemaan om seker te maak hul motors is gesluit deur aan die motor se handvatsel te voel.
Hierdie tipe motordiefstal vier ook in Lephalale hooggety sê polisie skakelbeampte A.O. Frans Makoena.
Lt. Kolonel Isaack Mantjane van die Mokopane Polisie het gesê inwoners moet seker maak hul los nie waardevolle goedere in hul motors nie. Hy het die gemeenskap bedank dat hulle misdaad aanmeld.
Misdaadvoorvalle het vandeesmaand aansienlik gedaal. Inwoners moet egter steeds versigtig wees vir inbrekers en motordiewe.
Die Polisie het ook sekere punte op die dorp geeien as plekke waar misdaad meer voorkom. Die Polisie is dus nou meer sigbaar daar, het Kol. Mantjane gesê.
Goetsch het ook verwys na ’n shebeen in ‘n woonbuurt wat tot laatnag harde musiek speel en drank verkoop.
Nadia Janse van Rensburg Human het daarop gesê sy is bewus van ‘n plek in die dorp wat nie ‘n dranklisensie het nie, maar drank verkoop. Die drank word ook aan minderjarige kinders verkoop.
Lt. Kol. Manjane het gesê die Polisie doen sporadiese besoeke aan plekke wat drank verkoop en sal die saak verder opvolg. Hy sal ook die voorval van die shebeen aan die Mahwelereng Polisie rapporteer.
Goetsch het terugvoering gegee oor die GPF SE dwelmveldtog wat tans by ho?rskole gehou word om leerders bewus te maak van die gevare van dwelms.
Die veldtog is ‘n groot sukses en word saam met die Polisie geloots.
0 Comments