<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Kierieklapper Kunstefees gaan sorg vir groot pret!

 
News : 24 May 2013 330 Viewed 0

Die Kierieklapper Kunstefees beloof om soos verlede jaar weer ‘n groot hoogtepunt op die feesspyskaart te wees. Benewens bekende kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Nataniel, Campbells, Snotkop, Nadine en Armand Hofmeyr, gaan die Mutual & Federal Agri-buiteverhoog elke dag kook met tonne bedrywighede.
Die fees word van 8 tot 10 Augustus vir die dertiende keer gehou en feesgangers se lag- en maagspiere sal omtrent geoefen word met opvoerings soos Local is Lekker en Annale van ’n Windgat. 
Take 5 Comedy - bekend as komediant/humoris/grap en storieverteller - het net een doel voor oë, en dit is om almal lekker te laat lag met sy komedie Local is Lekker.   “Annale van ‘n Windgat”, ‘n  eenman-komedie, geskryf deur Barry van Rensburg. Dit handel oor persoonlikheidstipes en kommunikasie-style. Feesgangers sal Vrydag tydens die Kierieklapper se Gasvrou geleentheid by die Dienssentrum die komedie kan kyk.
Die eenmanstuk werk met die 4 basiese persoonlikhede soos dit deur die eeue uitgekristalliseer het, maar gee hulle nuwe name: daar’s banggatte (die analiseerders), hardegatte (die ‘drivers’), slapgatte (die sosialiseerders) en windgatte (die ‘band leaders’). Die woord ‘gat’ word deurgaans in sy idiomatiese sin en as metafoor vir ‘persoonlikheid’ gebruik.
Annale van ‘n Windgat gee jou lewens-waarhede op ‘n baie snaakse humoristiese manier waar jy jou doodlag, maar jy leer
daaruit baie oor jouself. Mense lag minder vir die akteur op die verhoog as wat hulle vir hulself lag. Annale van ‘n Windgat bewys dat ons in ons mooi taal bitter snaaks kan wees sonder kras taal of vloekwoorde.
Die kulkunstenaar, Johan Yssel, gaan soos verlede jaar oud en jonk na hulle asems laat snak met sy gewaagde toertjies op en van die Buiteverhoog af. Die musiekvertonings sal soos indie verlede sorg vir top vermaak.
Andries Hendrik Potgieter, ‘n trotse boerseun met ‘n diverse geurtjie soos min trek nuwe baadjies aan vir liedjies soos Sarie Marais en Die Alibama. Kayla, ons eie Afrikaanse Hannah Montanna, soos gesien op KYKNET se nuwe reeks Liefste Kayla, gaan ook op die verhoog wees.
Vermaak vir die jongklomp bly nie agterweë nie. Koowee se gewildste karakters, Tjiff & Tjaff, maak Vrydag, 9 Augustus, ‘n draai by die kunstefees. Hulle gaan dans, speel, en van hulle gunsteling liedjies sing. Hulle sal ook reg wees vir fotos saam met die maats en om drukkies uit te deel.
Blue Flame Events het ook ’n hele gebied waar die kleinspan besig gehou gaan word. Daar sal onder meer ballonne, springkastele, gesigverf, poppekas, ‘n danskompetisie en inkleurkompetisies wees.
Behalwe vir al die vertonings, kan feesgangers ook weer uitsien na ’n groot
verskeidenheid van stalletjies. Daar sal onder meer gesmul kan word aan soet en sout en ook oorgenoeg drinkgoed wees om die dors te les.
Vir inligting rondom die stalletjies of die program bel die Dienssentrum by 015 – 491 5747 of besoek die webtuiste
www.kierieklapper.info.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube