<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Pampoene in die agterplaas

 
News : 24 May 2013 286 Viewed 0

Pieter Botha is nie ‘n man wat nee sê vir ‘n uitdaging nie en toe ‘n vriend hom ‘n paar pampoenpitte in die hand stop om te sien wie die grootste pampoen kan kweek het hy sonder om te skroom die uitdaging aanvaar.
“Sonder enige voorbereiding,  min geloof en min kennis het ek die pitte in die grond gedruk en toe eers met my navorsing begin.  Die Internet, boeke en ander boere het my gou laat verstaan dat ek alles
verkeerd gedoen het, ek moes die pitte al in September geplant het, maar September was verby en nog te ver vorentoe, so
November sou maar moes doen.  Met baie moeite en min water (want ek bly in Onverwacht) groei die pampoene en word hulle al hoe meer. Meimaand pluk ek uiteindelik ‘n pampoen van 98kg en ‘n ander een van 75kg,” vertel hy.
Pieter is vasbeslote om September weer pampoenpitte te plant - die keer met meer kennis en hopelik meer water.  Intussen het hy die pampoene aan die SAVF Maroela Oord geskenk met die hoop dat die tannies heerlike pampoentert en koekies sal maak.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube