-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die Vroue landbou-unie (VLU) het vandeesmaand sy Jaarkongres by die Weesgerus Vakansie-oord buite Nylstroom gehou. Sheri Brynard, ‘n Downsindroomlyer, was die gasspreker wat die vroue laat lag en huil het en Jak de Priester het gesorg vir musiek uit die boonste rakke.
Die VLU se Potgietersrustak wil vroue uitnooi om betrokke te raak by die organisasie se bedrywighede. Ho?rskoolleerders is ook welkom. Die vroue kuier gereeld saam en leer om kreatief te wees. Verskeie kompetisies word ook gehou. Die VLU is vanjaar tagtig jaar en die tema vir 2013 is Inspireer en Verryk.
Die vroue kom elke derde Donderdagoggend by die Skougronde byeen. Belangstellendes kan Marié Fourie by 082 786 2820 bel.
0 Comments