-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
‘n Renoster koei en haar kalfie is Maandag dood op ‘n wildsplaas in die Marken-omgewing aangetref. Albei is geskiet en van hulle horings gestroop.
Dit wil voorkom of die kalfie ook met ‘n panga op die rug gekap is. Die saak is by die Tolwe polisiestasie aangegee en word volgens die stasie bevelvoerder, Kaptein
Thulare ondersoek.
Niemand is al in hegtenis geneem nie.
0 Comments