-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die Op Ons Bord projek waardeur die
Dienssentrum vir Bejaardes in Mokopane fondse insamel om ‘n daaglikse bord kos te voorsien aan bejaardes wat dit nie kan bekostig nie het hierdie week ‘n hupstoot gekry. Noordelike Nuus het R1260 wat deur adverteerders geborg is, aan die dienssentrumbestuur oorhandig.
Dit bring die totaal wat tot dusver vir die projek ingesamel is deur die Dienssentrum op R8940. Adverteerders wat in Noordelike Nuus adverteer kan kies om die Op Ons Bord logo op hulle advertensies te laat aanbring en vir elke logo wat op so ‘n advertensie verskyn, borg die
koerant een behoeftige bejaarde se etes vir ‘n maand.
Adverteerders wat die projek tot dusver ondersteun het was: Far North Midas,
BB Auto Mokopane, Modern Motors en Kosmos Kwekery. Baie dankie aan hierdie adverteer-ders vir hul groot-hartigheid en steun en ons daag almal uit om betrokke te raak!
“Die Op Ons Bord projek is veral gedurende die wintermaande baie belang-rik, want meer uitgawes gaan dan aan elektrisiteit en maniere om warm te bly en die geldjie vir kos word al hoe minder,” vertel Judy van Schalkwyk, een van die Dienssentrum se
komiteelede.
Met die geld wat tot dusver ingesamel is, kon die dienssentrum 16 bejaardes elke weeksdag van ‘n bord kos voorsien vir drie maande lank (ongeveer 65 borde kos per bejaarde).
0 Comments