<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Inwoners ontevrede oor ho? kragrekeninge

 
News : 31 May 2013 128 Viewed 0

Daar heers tans groot ontevredenheid oor die munisipale elektrisiteitrekeninge in Lephalale.
Sommige inwoners se rekeninge het in een maand met tot R2 000 vermeerder. Baie inwoners kon geen antwoorde hieroor by die rekening-afdeling kry nie.
Volgens die hoof van die afdeling, Donald Langa, is inwoners welkom om met hom ‘n afspraak te maak om rekeninge te bespreek. Demokratiese Alliansie-raadslid, Astrid Basson, is bereid om met diegene wat ontevrede is met hulle rekeninge by te staan.
“Dit is wel so dat daar foute intree met die meterlesings. Die spesifieke taak is uitgekontrakteur en word nie deur die munisipaliteit self gedoen nie.
“Inwoners is welkom om ‘n afskrif van hul rekening na my te stuur by  epos: 
a3c@kingsley.co.za.”
Langa kan ook by 014 762 1482 geskakel word.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube