<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Water net waar jy kyk!

 
Karin Retief in die water wat onder deur die muur in haar tuin vloei. Die water borrel bo die grond uit en sypel dan onder deur die muur in die erf van die Retiefs.
News : 31 May 2013 113 Viewed 0

‘n Inwoner in Dudu Madisha-rylaan in Mokopane sit met haar hande in die hare oor die water wat sonder ophou in haar erf stroom weens ‘n waterpyp wat reeds meer as twee maande gelede gebars het.
Karin Retief sê sy en haar man, Johan, is raadop en
moedeloos. Hulle het die
stukkende pyp talle kere by die munisipaliteit gerapporteer, maar moet telkens hoor “daar is nie hande wat dit kan kom regmaak nie”.
Karin wys na al die vore wat sy in die tuin gegrou het om die stromende water van haar voor- en agterdeur te probeer weghou.
“My tuin is ‘n modderpappery en die muur tussen my en my bure het begin meegee van die nattigheid, sê Karin.
Die waterpyp is buite aan die voorkant van haar erf naby die sypaadjie. Die water
borrel daar sonder ophou bo die grond uit en sypel dan onder haar muur deur na haar tuin en huis. Haar seun en dogter wat ‘n baba het, het eers in 'n kamer op haar erf gewoon, maar die water en modder het veroorsaak dat hulle ‘n ander heenkome moes gaan soek.
Karin sê die loodgieters wat sy gebel het, wil nie help nie, omdat die pyp buite haar erf is en deur die munisipaliteit
herstel moet word.
Die munisipaliteit se hoof van kommunikasie, Malesela Selokela, kon nie betyds terugvoering oor die saak gee teen die tyd dat die koerant na die drukkers is nie.
Noordelike Nuus sal dus aanstaande week van die munisipaliteit se kant af daaroor kan
rapporteer.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube