<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Piet Pot en Krugies se leerders lees die beste!

 
News : 06 Jun 2013 255 Viewed 0

Die Mokopane Lees en Studie-sentrum se jaarlikse lees-olimpiade is verlede Donderdagaand afgesluit met ‘n spog prysuitdeling waar die wenners bekend gemaak is. Hoërskool Piet Potgieter en Laerskool Krugerpark het die beste Graad 9 en Graad 6 leser gehad.
Leoné Human het met 462 woorde per minuut met 70% begrip die eersteplek weggeraap met Mashadi Nailana kort op haar hakke. Lize Janse van Rensburg was derde.
Justin Luke Nel was met 353 woorde per minuut met 70% begrip die Graad 6 leerder wat die beste gedoen het. Precious Mahloko was tweede en Janus Greyling derde.
Tydens die eerste rondte is daar sowat 87788 woorde gelees deur 553 Graad 6 en 9 deelnemers.
Die skole wat deelgeneem het was Hebron, Sunrise Superkidz, Krugerpark, Comprehensive, MEPS, North Crest Academy, CVO, Piet Potgieter, Carpe Diem, en Mokopane Destiny Academy.
Vir meer inligting oor die lees -en studiekursusse kan Lily Swart by 083 230 9156 gebel word.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube