<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Top kunstenaars vanjaar by Kierieklapper Kunstefees

 
News : 06 Jun 2013 182 Viewed By Judy van Schalkwyk 0

Steve Hofmeyer, Nataniël, Snotkop en Die Cambells is van die bekende kunstenaars wat vanjaar by die Kierieklapper-kunstefees gaan optree.
Die fees skop op 8 Augustus af met Nataniël wat die kospotte gaan roer by die Dienssentrum vir Bejaardes. Hy skuif om 19:00 agter die kombuistafel in. Kaartjies is reeds by die sentrum beskikbaar.
Nataniël is nie net ‘n voorslag as dit by kook en bak kom nie, maar is ook bekend as sanger, komponis, skrywer, spreker en ambassadeur vir kinderwelsyn. Sy solo-loopbaan het in 1987 begin en sedertdien het hy al 15 albums vrygestel, 14 boeke gepubliseer en aan meer as 60 teaterproduksies deelgeneem. Sy verhoogopnames lê hom die naaste aan die hart. Hy gaan onder meer hoogtepunte uit die afgelope jaar se produksies aanbied wat trefferliedjies en ballades uit sy eie pen, asook stories en sketse insluit.
Die immergewilde sanger, Steve Hofmeyr, is al vir ’n kwarteeu hard aan die werk en bekoor Suid-Afrikaners nie net as musikant nie, maar ook op ’n emosionele, kulturele en patriotiese parallel. As drama-gegradueerde, gepubliseerde skrywer, TV-persoonlikheid, akteur en kommentator op sosiale netwerke, was Hofmeyr nog altyd skerp gefokus op stories vertel, hetsy deur musiek wat praat met mense wat kultuurnuuskierig is of met diegene wat eenvoudig net hulle voete wil stamp vir drie-en-’n-half minute se pret.  Hofmeyr se vertoning is Saterdag, 10 Augustus om 20:00.
Harry and Tony Campbell – Die Campbells – se musiek het ‘n unieke klank van country rock, pop, en sokkie musiek. Die twee broers, maak van kleins-af musiek en is gesoute musikante. Die Campbells het alreeds ‘n hele paar platinum CD-toekenings en ses top verkoper DVD’s onder die belt. Hulle bring hulle eie unieke klank van country rock en pop na hul vertonings toe. Die “Rooi Rok Bokkie” manne waarborg ‘n partytjie wat nog lank onthou sal word.
Snotkop is een van die land se gewildste kunstenaars wat der-duisende mense se harte gesteel het met sy talent, musiek, passie en aansteeklike energie!
Met volgepakte sale en met meer as ‘n totaal van 150 000 albums al verkoop, het Snotkop sy merk duidelik in die musiekbedryf gemaak. Uit die vyf Snotkop vrystellings was vier albums vir SAMA toekennings benoem vir beste Afrikaanse Pop album. Snotkop spog ook met nie minder as nege toekennings nie, onder meer vir MK-, Tempo- en Vonk-toekennings en in 2012 het ‘Ek laaik van jol’ weggestap met die SAMA vir die beste Sokkie dansalbum.
Francois Henning, aka Snotkop, is ‘n rare talent wat terugstaan vir niks, en met sy unieke persoonlikheid, aansteeklike musiek en groot hart is dit geen wonder dat elke sokkie, braai, fees en byeenkoms dreun met sy musiek, passie en positiewe energie nie! Snotkop kom Vrydag 9 Augustus om 18:00 aan die beurt.
Vir inligting program besoek die Kierieklapper-kunstefees se webtuise by www.kierieklapper.info.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube