-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die Mokopane Sakekamer het verlede Vrydagaand sy 90ste bestaans-jaar tydens ‘n spogdinee gevier. Die sakekamer het ook sy jaarlikse toekennings aan ondernemings wat presteer toegeken. Die geleentheid met die tema Van Toeka tot Nou, is by die Oasis hotel gehou.
Penny Heyns, gewese Olimpiese swemmer, was die gasspreker. Dr. Carolina Koornhof, president van die Afrikaanse Handelsinstituut, het die gaste teruggeneem na vroeër jare toe die dorp nog as Potgietersrus bekend gestaan het en hoe sake toe bedryf is.
Die besigheidskamer president Gerrit van der Veen het hom sterk uitgespreek oor die kamer se frustrasies met die plaaslike munisipaliteit en die gebrek aan samewerking van die owerheid se kant af. “Ons sal graag met die munisipaliteit wil saamwerk,” het hy gesê.
Hy het ook te velde getrek teen reg-stellende aksie en gesê statutêre instel-lings en korporatiewe organisasies versmoor klein plaaslike besighede met hulle aandrang op swart ekonomiese bemagtigingsteikens. “Dit is ‘n mislukte stelsel wat in ons kele afgedruk word,” het Van der Veen gesê.
Die Mokopane Sakekamer se wenners:
Netste Besigheidsontwikkeling -
Silverfern Office Park.
Beste bydrae gelewer aan die Gemeenskap - Frikkie Beytell (EMS).
Beste Gasvryheids-onderneming – Kameeldoring Gastehuis.
Sportspersoon van die Jaar -
Tersia Smit.
Verkoopspersoon van die Jaar - Renaaz Nadat (Oasis Hotel).
Entrepreneur van die Jaar (Klein ondernemings) - Elra van der Walt (Whatever Bakery).
Entrepreneur van die Jaar (Groot ondernemings) - Mornay & Riaan
Koch (Gensol).
Sakevrou van die Jaar (Klein
ondernemings) - Nedene van Niekerk (Nedene van Niekerk Balletskool).
Sakevrou van die Jaar (Groot
ondernemings) - Sandra Thomas-White (Torga Optical).
Sakeman van die Jaar (Klein
ondernemings) - Nico Willemse (Potties Nuus).
Sakeman van die Jaar (Groot
ondernemings) - Mohamed Essack (Oasis Hotel).
President toekennings:
Moorddrif Melkery vir hul 100ste bestaansjaar; Melt van der Spuy vir diens gelewer aan die Mokopane gemeenskap en Andy Goetsch vir diens aan die gemeenskap.
Spesiale toekenning: Nan Schoeman vir diens gelewer aan die Mokopane Sakekamer.
0 Comments