-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Daar is behoorlik feesgevier in die Krugers se huis op Lephalale. Nie net het klein Pippie Sondag vier geword nie, maar dit was ook Dinsdag die een-jaar-herdenking van haar veloorplanting, die eerste van sy soort in Afrika.
Pippie se vel is in Amerika gekloon en is op 11 Junie 2012 op ‘n groot gedeelte van haar lyfie wat 80% brandwonde opgedoen het, oorgeplant. Pippie se boetie Arno het saam partytjie by hulle grootouers in Mookgophong gehou, want hy verjaar ook en word aanstaande Vrydag twee-jaar oud.
“Dit was ‘n heerlike dag vir ons gesin,” het mamma Anice Dinsdag aan Noordelike Nuus gesê. Maar dit was oor Pippie se nuwe vel waaroor sy die meeste opgewonde is. “Pips se vel is absoluut amazing. Die mooi vel groei en nie die lelike nie. Dit is deur God se genade, Pips se wilskrag en deur al die Pippie hero’s - almal se gebede, donasies en liefde - dat dit vandag so goed gaan met Pippie.”
0 Comments