-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Mokopane wil al die inwoners uitnooi om betrokke te raak by die forum se vergaderings en bedrywighede. Die GPF vergader een keer ‘n maand by die speurderskantore in Ruiterweg. Gedurende die vergadering word sake wat die gemeenskap raak, soos misdaad bespreek.
Die GPF het tans ‘n projek om dwelmmisbruik onder die jeug te beveg aangepak en die video wat by die hoërskole aan leerders gewys word, is Dinsdag by die vergadering getoon. In die foto is die voorsitter van die GPF, Andy Goetsch, Nancy Ramohlale (sekretaresse) en Lt. Kolonel Isaack Mantjane van die Polisie. Die volgende GPF vergadering word op 9 Julie omstreeks14:30 gehou.
0 Comments