<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

AfriForum eersdags in Lephalale

 
News : 14 Jun 2013 366 Viewed 0

AfriForum beoog om ‘n tak in Lephalale op die been te bring. Dit volg na verskeie bekommerde inwoners die burgerregte-organisasie genader het om kwessies soos die veiligheid en diensle-wering in die dorp aan te spreek.
Volgens Morné Mostert, AfriForum se organiseerder in Limpopo, is hulle besig om met inwoners en organisasies samesprekings te voer oor die tak se stigting. AfriForum is ook besig met ’n aksie teen die Lephalale Munisipaliteit om te bepaal of die munisipale amptenare voldoende gekwalifiseer is om hul poste te mag beklee. Wetgewing vereis dat munisipale amptenare aan minimum vereistes moet voldoen en AfriForum sal bly aandring op die bekendmaak van hierdie inligting. 
“Ons het die kwalifikasies aangevra en as ons geen terugvoer van die munisipaliteit kry nie, sal AfriForum die hof nader vir ’n bevel wat die munisipaliteit sal dwing om die amptenare se kwalifikasies aan ons bekend te maak,” het Mostert gesê.
Inwoners kan aansluit deur ‘n SMS met die woord “Ellisras” na 31336 te stuur. SMS’e kos 50c.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube