-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Wat doen ‘n mens met al die kleingeld wat in bakkies en laaie in jou huis rond lê? Vir Charmaine Robberts was die antwoord eenvoudig - gooi dit in ‘n blikkie en oortuig vriendinne om dieselfde te doen. Noem die projek Kleingeld vir Kanker en voor jy weet het jy ‘n hele dorp in rep in roer oor sente-vir-‘n-goeie-doel.
Charmaine het hierdie week aan Noordelike Nuus gesê sy het nooit gedink die projek sou so groei nie. “Ek het aanvanklik die idee met vriendinne op facebook gedeel en toe al hoe meer mense daarby betrokke wou raak, het ek die Kleingeld vir Kanker facebookblad begin. Dis nou ‘n paar weke later en ons het reeds R14 000 ingesamel. Ons kan nie voorbly om blikkies uit te deel nie.”
Die Kleingeld vir Kanker-span beplan ook ‘n fondsinsamelingsgeleentheid op
2 November by die Mogolklub waar stalletjies om goedere te verkoop, te huur sal wees.
Alle fondse sal na Kansa gaan en die blikkies sal ook dan ingeneem word. Die inwoners sal ‘n geleentheid kry om hul kleingeld tydens ‘n muntlegging te skenk. Vir meer inligting bel Charmaine by
076 714 5167.
0 Comments