<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Spoorsnyers trek twee rowers vas

 
News : 28 Jun 2013 119 Viewed 0

Spoorsnyers trek twee rowers vas

Twee mans wat verlede Donderdag betrokke was by ‘n aanval by die Takadu Taxidermi in die Mookgophong-omgewing is vasgetrek en drie is steeds op vrye voet.
Volgens Vossie Vosloo,‘n lid van die groep vrywillige spoorsnyers van die omgewing, is die werkers op die plaas verlede Donderdagoggend omstreeks 6:00 aangeval en vasgebind deur vyf gewapende mans. Die vrou wat in die huis werk is aangesê om saam die verdagtes na die plaashuis te gaan.
“Toe die eienaar, Pieter Plank, die deur oopmaak, het die aanvallers die vrou in die huis ingestamp om hom van balans te kry. Pieter het die vrou gegryp en is na sy studeerkamer waar hy ‘n wapen kon gryp.”
‘n Skietery het ontstaan tussen hom en die rowers. Een van die mans is in die skouer gewond en die vrou is ook in die maag getref. Pieter se vrou, Juanita, was by die skool om hul kinders af te laai toe sy ‘n noodroep kry. Sy het onmiddelik na die polisiekantoor gejaag en die aanval aangemeld.
Volgens Vosloo het die polisie en spoorsnyers uitgejaag na die plaas en ‘n opvolgoperasie is begin. “Die man wat die oggend deur Pieter geskiet is, is in hegtenis geneem. Ek het saam die ander spoorsnyers en adjudant-offisier Barend van Wyk tot in die oggendure gesoek en spore gevolg wat na’n nedersetting gelei het. Nog ‘n verdagte is daar in hegtenis geneem. Die ander drie verdagtes het met ‘n motor gevlug. Alle leidrade word opgevolg om hulle vas te trek, het Vosloo gesê.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube