<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

GPF nou op Facebook

 
News : 28 Jun 2013 110 Viewed 0

GPF nou op Facebook

Intussen het die GPF ook ‘n facebookblad begin waar lede van die gemeenskap inligting kan inwin en ook deel kan wees om ‘n veilige Lephalale te skep. Volgens die GPF voorsitter, Thys Eloff, is die doel van die blad om meer mense betrokke te kry by gemeenskapspolisiëring en om ‘n platform vir die gemeenskap te skep waar inligting anoniem verskaf kan word.
Hy waarsku egter dat streng reëls vir die gebruik van die blad van toepassing is. Daar sal geen krutaal of rassistiese en xenofobiese opmerkings geduld word nie.  “Bewerings moet feitlik wees, en as daar ‘n vermoede is, moet dit duidelik gestel word. Moet asseblief nie name noem nie, slegs die besonderhede. Ons sal jou per inbox kontak indien ons meer inligting benodig. Daar mag ook geen advertensie op die blad geplaas word nie. Die blad staan bekend as die Lephalale Community Policing Forum en is daar vir die publiek.”

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube