-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die eienares van ‘n kuns- en leefstylwinkel op Mokopane is die jongste slagoffer van motordiewe wat toegeslaan het nadat sy haar motor met ‘n afstandbeheer gesluit het en goedgemoeds wegstap het.
Die sindikaat wag dat jy die afstandbeheerknoppie druk wat jou motor sluit en wegstap sonder dat jy aan die deurhandvatsel voel of dit gesluit is, aldan nie. Hulle sorg dat jou afstandbeheer nie geaktiveer word nie en slaan dan vining toe op die besittings binne in jou motor.
Die getraumatiseerde winkeleienares is haar beursie kwyt. Daarin was sowat R2000 kontant, haar bestuurslisensies, bankkaarte en identiteitsdokument.
Sy sê sedert die voorval word sy oorval deur ander inwoners wat ook deurgeloop het. Sy moes inderhaas haar bankkaarte stop en ‘n verklaring by die polisie gaan aflê.
Noordelike Nuus het op 17 Mei in ‘n voorbladberig die inwoners gewaarsku teen die sindikaat ná ‘n soortelyke voorval naby ‘n gewilde eetplek. Lt. Kol. Isaack Mantjane van die Mokopane Polisie het die gemeenskap gemaan om seker te maak hul los nie enige waardevolle goedere in hul motors nie.
0 Comments