<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Laatnag-ongelukke in Van Riebeecksweg

 
Die bestuurder van hier-die wit bakkie het skuins voor middernag teen ‘n lamppaal in Van Riebeeckweg vasgejaag. Die twee insittendes het glo weggehardloop, maar is later in ‘n ander straat opgespoor.
News : 04 Jul 2013 140 Viewed 0

Twee ongelukke voor ‘n meenthuiskompleks in Van Riebeeckweg in die nagtelike ure het die inwoners van die kompleks verlede Saterdag laat bontstaan.
Saterdagoggend omstreeks 2:30 het die eerste voertuig ‘n lampaal voor die Villa Siesta-meenthuiskompleks met ‘n harde slag getref.
Die bestuurder het weggejaag en die munisipaliteit het die middag die skade aan die elektriese drade en paal kom herstel.
Skuins voor middernag het ‘n bakkie nóg ‘n lamppaal voor die meenthuiskompleks getref.
‘n Ooggetuie het vertel dat die twee insittendes, ‘n jong man en sy vriendin, in hul beseerde en skok-toestand die straat afgehardloop het.
“Die bestuurder wou nie hê ek moet die polisie bel nie. Bloed het uit die diep snywonde aan hul koppe gestroom en ek het die polisie en ambulansdiens gebel. Hulle het toe laat spaander.”
Die twee is later deur ooggetuies en ‘n ambulans in ‘n ander straat gevind. Die bestuurder was vermoedelik onder die  invloed van drank.
Werkers van die munisipaliteit was vining op die toneel om die elektriese draad wat laag bokant die pad gehang het, af te knip.
Nadat die polisie verkla-rings afgeneem en afmetings gedoen het, is die bakkie verwyder.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube