-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Vanaf 1 April vanjaar word reisigers met tydelike reisdokumente nie meer in Botswana toegelaat nie.
Magda Wallis van die departement van binnelandse sake in Pretoria het die week aan Noordelike Nuus gesê mense wat Botswana wil besoek moet verkieslik lank genoeg voor die tyd aansoek doen vir hul paspoorte.
Diegene wat dringend paspoorte nodig het, moet ‘n motiveringsbrief saam met hul aansoeke indien waarin hulle verduidelik dat hulle Botswana wil besoek en waarom dit dringend is.
Die departement sal dan voorkeur aan die aansoeke gee en hul paspoorte vinniger uitreik.
0 Comments