<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Feestyd in die Bosveld!

 
News : 04 Jul 2013 306 Viewed 0

Die Bosveldfees in Lephalale het Woensdagoggend amptelik begin en Noordelike Nuus was daar om Mej Bosveld en haar twee prinsesse te ontmoet.
Belinda Schreuder is verlede Vrydagaand by die jaarlikse Bosveldbal aangewys as Mej Bosveld 2013. Die eerste prinses is Christelle Cordier (24) van Rustenburg en tweede prinses is Alicia Schlemmer (18) van Lephalale.
Belinda is tans ‘n leerling aan Hoërskool Swartkop in Pretoria, maar is hier in die Bosveld gebore. Haar ma, Berdine Schreuder (Myburgh), was 25 jaar gelede as 18-jarige ook gekies as Mej Bosveld!
“Ons kom gereeld vakansies terug Bosveld toe en dit was nog altyd vir my ‘n droom om vir die kompetisie in te skryf. Ek is mal oor die Bosveldfees en ek is opgewonde oor die jaar wat vir my voorlê.”
Belinda vertel dat sy graag hier in Lephalale ‘n modelskool wil begin en as haar projek, het sy besluit om betrokke te raak by die stryd teen renosterstropery.
Noordelike Nuus wens almal ‘n heerlike Bosveldfees toe!

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube