<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Skoliere moet verkragtings aanmeld

 
News : 12 Jul 2013 132 Viewed 0

Dit is belangrik om voort te bou op die anti-verkragtingsveldtog wat onlangs gehou is en dit moet veral in skole voortgesit word om slagoffers aan  te moedig om na vore te kom, het Andy Goetsch, voorsitter van die Gemeenskapspolisiëringsforum Dinsdag tydens ‘n vergadering gesê.
Skoolleerders is dikwels die slagoffers. 
“Die jong dogters is bang om te praat daarom moet daar gekyk word om ‘n program in skole  in plek te kry waar leerders die moed sal hê om verkragtingsake te rapporteer en kan aanklop vir hulp.”
Luitenant Kol. Kedibone  Mashamaite  het verwys na die reuse sukses van die anti-verkragtingsveldtog wat verlede week in uitbreiding 19  in Mokopane gehou is.
Sedert die veldtog is daar nog nie weer enige verkragtingsake aangemeld nie.
Sy het ook onderneem om die saak verder met die stasiebevelvoerder te bespreek en gesê die meeste verkragtingssake wat aangemeld word, is huishou-delik van aard met ‘n pa, oom af ander familielid as skuldige.
Daar is ook tydens die vergadering voorgestel dat statistieke gereeld in die plaaslike koerante bekend gemaak moet word om mense bewus te maak van voorvalle.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube