-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die jaarlikse Cuppa for CANSA-veldtog het begin en behels die hou van ‘n geselligheid waar jy jou kreatiewe idees kan loslaat.
Vanjaar se tema is Omgee en Ondersteuning en kan byvoorbeeld die vorm aanneem van ‘n verjaardagparty of enige ander viering waartydens vriende gevra word om eerder ‘n bydrae ten bate van kanker te maak as om geskenkies vir die pesoon wat verjaar, te bring.
Groot, klein, formeel of informeel die keuse is joune om ‘n verskil te maak. In die verlede was temapartyjies gewild waartydens interessante drankies soos koffie, verskillende teesoorte, warm sjokolade, sop of skommels beproef is.
Shoprite en Checkers is steeds die hoofborge van die Cuppa for CANSA-veldtog. Shoprite het vanjaar spesifiek bygedra tot kankeroorwinnaars wat in die onderskeie Kansa-versorgingshuise bly terwyl hul behandeling ontvang.
Geskenkbewyse van Shoprite en Checkers ter waarde van R15 000 elk is aan die huise geskenk.
Die Cuppa for CANSA-veldtog word tot einde Oktober gehou.
Vir meer inligting kan Sonja Beukes, Kansa se gemeenskapmoboliseerder op Modimolle, by 082 211 6078 gebel word.
0 Comments