<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Klein boeremusiek wonder!

 
Klein Kosie Beukes
News : 12 Jul 2013 355 Viewed 0

Hy speel vyf instrumente en is op die ouderdom van vyf die jongste konsertinaspeler in die land. Kosie Beukes het gehore by verlede week se Bosveldfees verstom met sy talent.
Hy is ‘n wonderkind beaam sy ma Julia. “Hy sal in die motor na ‘n liedjie luister om dan by die huis die einste liedjie op sy kitaar te tokkel.” Dit het alles begin toe hy drie jaar oud was en oupa Kobus, voorheen van Lephalale, vir hom ‘n klein bokskitaar gekoop het. Hy het orals met hierdie kitaar rondgeloop en baie keer by die boereorkesgilde sy pa, wat ook kitaar speel, dopgehou.
Groot was die familie se verbasing toe Kosie eendag uit die bloute op die ouderdom van drie, Suikerbossie begin speel. “Ons het dadelik besef dat hy talent het en hom na Oom Christo Wolmarans geneem vir lesse. Eendag na een van sy musieklesse, toe al die ander kinders reeds weg is, tel Kosie Oom Christo se konsertina op. Met so ‘n bietjie hulp van oom Christo was dit nie lank nie, toe speel hy Al lê die Berge nog so blou. 
By die huis het hy sy pa se konsertina opgetel en sedertdien leer hy daagliks nuwe liedjies. Ons het intussen vir hom sy eie konsertina gekoop en vandag speel hy kitaar, klawerbord, banjo, konsertina en trekklavier,” vertel ‘n trotse ma.

 

 

 
 

Selfs die baie talentvolle Penkoppe wat by die Bosveldfees opgetree het, kan nie uitgepraat raak oor klein Kosie Beukes se talent nie.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube