-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Nádine is een van SA se gewildste kunstenaars.
Tot op datum het dié gewilde sangeres meer as 500 000 CD’s verkoop en is sy oppad België toe om daar naam te gaan maak.
Nádine is die eerste Suid-Afrikaner om die “World Peace Song Festival” te wen. Op 16 Februarie 2010, die geliefde Suid-Afrikaanse sangeres is aangewys as die wenner, vir haar lied “This Time I Know It’s For Real”. Sy het kompetisie uitgestof soos Coldplay - Engeland se inskrywing en Ladyhawke van Nieu-Zeeland. Haar album “This Time I Know” is ‘n album met asemrowende vokale uitvoerings en tonne trefferpotensiaal. “Light In The Sky” van haar nuutste album “Christmas in South Africa” wat in Desember 2012 uitgereik is, het al die radio-speellyste gehaal in SA en België. Die lied het die top van vele treffersparades bereik en was nommer een op die Jacaranda Top 20.
Met ‘n vars verhoogproduksie is Nádine gereed vir die Kierieklapper Kunstefees in Augustus. Daar kan ook uitgesien word na haar grootste treffers en van die mees legendariese Afrikaanse treffers!
0 Comments