-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Koowee se gewildste karakters, Tjiff & Tjaff, maak Vrydag 9 Augustus, op Vrouedag, ‘n draai by die Kierie-klapper Kunstefees in Mokopane. Hulle gaan dans, speel, en van hulle gunsteling liedjies vanaf 10:00 sing. Na ‘n pouse kom hulle weer terug vir 40 minute, dié keer om te poseer vir fotos met die maats en om drukkies uit te deel.
Tjiff & Tjaff is inheems en eg Suid Afrikaans. Hulle doen Suid Afrikaanse dinge, en verwys na plaaslike plekke. Tjiff en Tjaff is die beste!! Vra die 50 000 kinders wat daagliks na hulle kyk. Kom maats, kom speel, sing en dans saam Tjiff & Tjaff op die Mutual & Federal Buiteverhoog op die Kierieklapper feesterrein op die sportvelde van Hoërskool Piet Potgieter.
Vir die bietjie ouer maats, uit die penne van Suid-Afrika se top skrywers, het ‘n vars nuwe KykNET musikale komedie reeks, Liefste Kayla die lig gesien. Liefste Kayla is die storie van Kayla Venter, ‘n 12-jarige meisie, wat net wil sing.
Met die hulp van haar beste vriendin, Nadia, stig sy ‘n ‘blog’. Hier laai sy musiekvideos, deel sy haar lewenslesse en liefdes en help sy ander kinders deur die moeilikhede van kind- en tiener-wees. Met musikale nommers in elke episode, meestal geskryf deur Kayla self en vervaardig en verwerk deur Vaughan Gardiner, is Liefste Kayla besig om die TV- en musiekwêreld oor te neem.
In realiteit bestaan die ‘blog’ www.liefstekyla.co.za en is Kayla self ook die jong meisie wat net wil sing en haar talente met die wêreld deel. Liefste Kayla, die album, praat met ‘n mark wat voorheen afgeskeep is en met ‘n televisie reeks, ‘n lewendige blog en ‘n digitale platvorm wat interaksie aanmoedig, gaan hierdie jong sangeres die skare van alle kante af lok? Die vars jong klanke is iets wat Suid-Afrika tot dusver nog nie gehoor het nie, maar dit sal nou verseker deel van elke huishouding word. Kom ontmoet Liefste Kayla na Tjiff en Tjaff om 11:45.
Vanaf 8-10 Augustus gaan daar nog baie meer vermaak vir die jongspan wees. Storiesambreel - Die storievrou dwarrel op die feesterrein met haar sambreel wat van ‘n verfrissende storie-stortreën drup. Gun jouself hierdie gratis sprokie-oomblik: Kies een van die 2 tot 3 minuut stories en kry ‘n tong-in-die-kies, knipoog, lekkerlaf, sjarmante en betowerende vertelling uit die storiestasie.
“Blue Flame Entertainment” gaan soos hul naam dit reg sê, kinders “entertain”/vermaak met ballon-vou, gesigverf, poppekas, dans-, karaoke- en inkleur kompetisies, TV-speletjies, DVD stasie en baie meer by die kinderarea op die feesterrrein.
Moet ook nie Zane se Dansskool en Laerskool Krugerpark se trompoppies misloop nie!
Vir die hekgelde is alle produksies wat op die Mutual & Federal Buiteverhoog aangebied word, gratis. Sien jou daar!!
0 Comments