-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die Robbertse gesin het hierdie week groot hartseer beleef toe Meisiekind, die hond wat aan klein Mikayla na haar hospita-lisasie gegee is, vergiftig is.
Mikayla is in Desember 2011 deur 'n Mosambiekse spoegkobra in haar bed gepik en Reptile Rescue se Marius Koekemoer het spesiaal vir haar die op-en-wakker foksteriër gegee om die gesin te waarsku teen slange.
“Meisiekind was soos ‘n kind in ons huis en sy het ons telkemale gewaarsku as daar ‘n slang op die erf is,” het ‘n baie hartseer Charmaine Robberse, Mikayla se voog hierdie week vertel. “Dit is vir Mikayla baie swaar want sy was baie lief vir die hond.”
Volgens Charmaine is twee mense op hulle erf gewaar kort nadat hulle ontdek het dat Meisiekind vergiftig is. “Ons ander honde is van kleins-af geleer om net te eet wat ons vir hulle gee, maar Meisiekind sou by enige=iemand kos vat. Ons het alles probeer om haar te red, maar dit was tevergeefs.”
0 Comments