<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Varkgriep kommer

 
News : 28 Jul 2013 2423 Viewed By Valerie Cilliers 0

vEen so ‘n pasiënt, wat anoniem wil bly, vertel dat sy baie erg keelseer begin kry het. “Hoewel hulle sê dat varkgriep maar dieselfde simptome het as enige ander griep, het die simptome vir my erger as gewoonlik gevoel. My dokter het my dadelik laat toets omdat daar reeds gevalle van varkgriep in die dorp was. Hoewel ek positief getoets is vir die H1N1 virus, glo ek my behoud was dat ek dadelik begin Tamiflu drink het en drie dae in die bed gebly het. Ek was het erg gehoes, baie erge lyfseer gehad en ek was naar, veral wanneer ek gehoes het,” vertel sy.
Die dokter wat die virus by haar geïdentifiseer het vertel dat hy nou al verskeie gevalle van die H1N1-virus gesien het. “Mense moet besef dat enige griepvirus dodelik kan wees. Die H1N1 het in 2009 en 2010 uitgebreek en het nou weer sy kop uitgesteek. Ek raai my pasïente aan om so min as moontlik in plekke te beweeg waar daar baie mense is. Was gereeld hande en as dit dan moet dra ‘n masker, veral as jy in ‘n bussie werk toe ry. Mense moet ook nie hulself ooreis as hulle siek is nie, kry genoeg rus en baie vloeistowwe in. Ek het ook agtergekom by dié wat positief getoets is, dat die simptome van mens tot mens tot verskil, maar oor die algemeen is dit maar gewone griep simptome wat voorkom.”
Landwyd is daar sedert die winter begin het, reeds 450 gevalle van varkgriep aangeteken, met twee sterfgevalle. Dokters maan dat mense met onderliggende toestande soos asma, diabetes en immuniteitsgebreksiektes, asook swanger vroue versigtig moet wees. Die publiek word ook aangeraai om jaarliks ‘n griepinspuiting te kry. Die wêreldgesondheidsorganisasie idenitfiseer drie griepvirusse wat moonlik kan uitbreek gedurende die winter maande. Die immuniseringsmiddel word dan vervaardig om hierdie virusse teen te werk. Mense wat dus die inspuiting gekry het, kan steeds die H1N1-virus kry, maar sal dalk nie eers daarvan weet nie.”
Die department van gesondheid het verlede week ‘n persverklaring uitgereik om mense gerus te stel. Volgens die department is die aantal voorvalle en selfs sterftes normaal en is daar elke jaar soortgelyke gevalle. In die 2009/2010 H1N1-pandemie was daar 5000 gevalle in Suid Afrika (SA) geïdentifiseer met sowat 40 sterftes landwyd.
Hoewel daar nie tans ‘n varkgriep pandemie in SA is nie, meen kenners dat Lepahalale ‘n teelaarde vir virusse kan wees. Werksomstandighede - die feit dat mense in bussies saam werk toe ry en ook vanaf verskillende dele van die land afkomstig is, maak die risiko soveel hoër.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube