<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Oplossing gesoek om boere teen snotsiekte te beskerm

 
Barry York en Joan Jackson tydens LIMRPO se kongres.
News : 07 Aug 2013 105 Viewed 0

Daar is intens gekyk om ‘n vesekeringsfonds vir wild- en beesboere wat hul diere weens snotsiekte verloor te begin tydens die Limpopo Rooivleis Produsent Organisasie (LIMRPO) se kongres.
LIMRPO se lede het verlede week in Mokopane byeengekom waar daar onder meer gekyk is na die moontlikheid om ‘n versekeringsfonds op die been te bring waar wild- sowel as beesboere kan eis indien hul diere weens snotsiekte verloor.
Joan Jackson, hoof van One Commercial se wildversekeringsafdeling, het aan boere gesê daar is die afgelope veertig jaar nog geen alternatiewe manier gekry om die risiko van snotsiekte te bestuur nie. Sy het na haar alternatiewe korttermynversekeringskonsep verwys waarvolgens boere as ‘n moontlike vertrekpunt elk R500 per jaar betaal om hulself te beskerm teen diere wat weens snotsiekte omkom.
Met die plan sal die boere self die versekeringsfonds bestuur wat verskeie voordele inhou soos die besparing op onnodige regskostes, die oorkoming van nalatige- en oorsaak bewyslas en onkunde. Dit sal ook onnodige onmin tusen ‘n boer en sy buurman vermy of ontlont en daar sal moontlik ook navorsingsprojekte mettertyd aangepak kan word.
“Die boere bestuur hier self die fonds en die versekeraar volg ons.  Eie statistieke kan gehou word. Die fonds is ook nie gekoppel aan ‘n ondersteunende besigheid of produk byvoorbeeld ‘n boer  se huis of motor soos wat versekeraars dikwels vereis nie. Die boere kan ook self besluit wanneer om terme en voorwaardes aan te pas of te verander. Dit is in kort ‘n nuwe denkwyse.”
Barry York, dagbestuurslid van LIMRPO, het die boere gevra om hande te vat en saam die stryd teen snotsiekte te probeer oorbrug. Snotsiekte is ‘n brandpunt en die groot knoop in die ketting is die bewyslas. Limpopo sal die vertrekpunt van die fonds wees, maar die plan is om dit nasionaal te laat uitkring, het hy gesê.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube